Siswati Portugese German French English Afrikaans

Paddas van Gruispan

Die
Somersonstilstand
Padda
Lied

Van Marlothii Bewarea

Ons bedank:

Ons doen dit deur:

Indien U ons wil ondersteun, skenk asb aan:

Red Legged Wot-Wot

Rooibeen Wot Wot

Die Rooibeen Wot Wot is een van die 8 spesies wat by Gruispan woon. Die padda kom algemeen voor in Sub-Tropiese gebiede van Suid-Afrika en floreer in verskeie habitats van grasland tot vleiland. Die Rooibeen Wot Wot is meer geneig om te loop as te hop en word maklik herken aan die helder rooi kleur aan die binnekant van die agterpote.

Bubbling Kassina

Borrelvleipadda

Dié paddaspesie word aangetref by meeste vleilande, damme en poele regoor Suid-Afrika.
Die Borrelvleipadda onderskei homself van ander spesies deur sy luide "boip" wat baie ver hoorbaar is.
Mannetjies roep reeds 'n ent van die water af en sodra 'n maat se aandag getrek is, beweeg hulle saam na die water. Die wyfie lê 100 tot 500 eiers in vlak water, geheg aan plante, klippe en ander voorwerpe onder water. Paddavissies ontwikkel stadig, 52 to 90 dae om hierdie deel van hul lewenssiklus te voltooi.

Painted Reed Frog

Prag-rietpaddatjie

Die Prag-rietpaddatjie kom wydversprei voor in die oostelike kusstreek van Suid-Afrika. Hulle hou langs moerassa, riviere en mere in alle veldstreke, ook in mensgemaakte habitats soos landerye, dorpe en tuine.
Sy naam sinspeel op sy helder treffende kleure. Daar is verskeie kleurkombinasies. Word gekenmerk deur helder rooi/pienk onder pote en tone. Tone het ronde kussing-punte wat help met die klim van gras- en rietstingels.
Die eiers word in die reënseisoen gelê in bondels van naasteby 20, wat onder water aan plante geheg word.

Dr. Jeanne Tarrant verskaf lesing ter insae inverband met die Paddaspesies wat by Gruispan voorkom.

Tinker Reed Frog

Groenrietpadda

Hierdie heldergroen rietpadda is nogal groot en kom voor in die Laeveld van Suid-Afrika. Dié padda word in 'n verskeidenheid Bosveld habitats aangetref en broei in riete aan die kante van moerasse en panne.
Die eiers word gelê binne 'n jellieagtige bal, vasgeheg aan riete of grasstingels net bokant die waterlyn. Die paddavissies is bruin met goud- en bronskleurige kolletjies aan die ligter onderkant. Die paddavissies val uit die nes in die water wanneer hulle uitbroei.

Water Lily Frog

Die Waterlelie-paddatjie

Waterlelies is belangrik vir hierdie paddatjie. Dit is piepklein en amper deurskynend. Die paddatjie broei in vlak panne, poele, vleie en damme waar waterlelies groei. Paring vind plaas vanaf Oktober tot Maart wanneer mannetjies digte kore vorm op drywende plante. Nou raak mannetjies baie aggressief en stamp mekaar op hulle stemblasies.
Die wyfies lê ongeveer 500 liggroen eiers in groepies van 20 tot 120 in 'n enkellaag waar die rante van die waterlelieblare oorvleuel. Die jellie om die eiers is taai en hou die blare aanmekaar vas.

Dwarf Puddle Frog

Dwerg-modderpadda

Die dwergmodderpadda kom voor in laaglande en tot 'n maksismum hoogte van1500 mbo seevlak. Die paddatjie is klein en sy kenmerkende roep wat herinner aan die van insekte, maak dit maklik om hom uit te ken.
Die paddatjies is volop en speel 'n belangrike rol in die ekologie van hulle vleiland habitat. Hulle paar dadelik na die eerste lentereën. Die wyfie lê die eiers in 'n enkele plat lagie wat op die water dryf. Metamorfose is voltooi na omtrent vyf weke wanneer die jong paddatjies slegs 6 mm lank is.

Deelnemers oud en jonk wat die Paddapraatjie aand geniet.

Foam Nest Frog

Groot grys-boompadda (of skuimnes padda)

Die padda se skurwe, droë vel is aangepas vir droë, omgewings. As dit sonbad op 'n plek waar dit blootgestel is, word die padda spierwit of 'n vaal-grys om hitte en lig te weerkaats.
Die wyfie klouter op 'n tak of riet wat oor die water hang om 'n geskikte plek vir 'n nes te kry. Sy skei 'n middel af wat sy met haar agterpote klits tot dit skuim en lê dan haar eiers in die sak.'n Paar mannetjies sluit by haar aan om die eiers te bevrug. Die eiers broei in hierdie sak uit. Na 4 tot 5 dae begin die paddavissies wriemel en beweeg na die bodem van die nes. Hulle breek die kors en val in die water.

Raucous Toad

Lawaai-skurwepadda

Hierdie is 'n fris medium tot groot padda, omtrent 120 mm lank. Die vel is mildelik oortrek met fratagtige kliere. In die broeiseisoen maak die mannetjies 'n luide, herhalende eend-agtige gekwaak. Soos die meeste skurwepaddas kan die klier agter elke oog wit spikkels gif afskei, wat gevaarlik kan wees vir roofdiere. Skurwepaddas teël geweldig aan en kan tot 10 000 eiers lê in 'n lang spiraal wat in plantegroei vassit.

Baie van ons diere geniet die padda-sang wat elke aand gedurende die nat seisoen by Gruispan gehoor kan word.

Dankie dat jy Marloth Park en Gruispan besoek het. Ons hoop jy het jouself geniet deur van ons agt padda spesies te leer.

Indien jy meer inligting wil bekom

Epos – marlothiiconservancy@gmail.com

Volg ons op “Facebook”.

Volg ons op YouTube.

Onthou

Bevolking klein...

Cartoon Tortoise

Of groot...

Cartoon Giraffe

Ons is lief vir almal!

Cartoon Zebra, Cartoon Kudu and Cartoon Warthog

Ry stadig.
Die diere kry voorkeur op die paaie.

Geniet die dag.